Gallery Select Gallery
facebook
Tolhuis Restaurant 1
home button
ABOUT BUTTON
history button
gallery button
menu_button
story button
links button
contact button
 
ceres logo

storie_banner

Kaalgatte, skaap-in-'n-blik, Saggeus Specials, koerantwors en ''strip shows'' is maar 'n paar van die name waarmee eienaars Reint en Karien Grobler stóriekos in dié karaktervolle restaurant in Michellspas net voor Ceres opdien.

Die twee het in 2009 hul penne vir potte en panne verruil en te oordeel aan hul spyskaart bruis die drukkersink nog steeds met mening deur hul are, tot reg in hul geregte in.
So te sê elke gereg vertel 'n storie of het 'n storie wat te vertel is: oor die bestandele se herkoms, die verskaffer of die naam agter die gereg.

Terwyl Reint dié stories al in die kombuis begin vertel, nie net deur die keuse van geregte nie, maar ook die name wat aan die geregte gegee word, doen Karien op haar beurt die vertelwerk buite op die stoep of langs 'n tafel by die gesellige kaggel.

"Ons kies elke gereg só dat hy 'n storie vertel - oor sy bestandele, sy herkoms en die mense agter hom. Mense wil nie net meer aansit, eet en betaal nie. Almal hunker na daardie ouwêreldse gasvryheid en langbeen-kuiers om 'n vriendelike tafel vol eerlike kos. Soveel beter as daai kos dan nog met 'n storie ook kom," verduidelik Karien.

"Die manne steek gewoonlik reg voor die swartbord-spyskaart by die voordeur vas wanneer hulle die woord 'kaalgatte' daarop lees .. net om binne uit te vind daar word nie verwys na kaal vrouens of selfs perskes nie, maar na die Tolhuis se baie gewilde roosterkoeke: kaalgat en dus sonder enige vulsel of bedekking.

"Ons sal nooit die dag vergeet toe ons as belangstellende kopers na die perseel kom kyk het nie. Daar het so mankolieke ontkleepaal links van die kaggel gestaan, reg vir daardie Saterdagaand se ''strip show''. En dít is dan waaraan die kaalgatte hul naam te danke het."

"In dieselfde asem kan jy ook 'n ''strip show met chips en chakalaka'' bestel: sappige rumpsteak-repies, twee stukke van storieverteller Nico Nel se Suiderland Boerewors, 'n skilpadjie, aartappelskyfies en natuurlik chakalaka, daai branderige Afrika-lekkerte.

Ons is veral trots op ons roosterkoek-hamburgers met 150g biefpatties (100%) onder 'n dik kaassous en gekarameliseerde uie. En as jy moeg gereis daar indraai, bestel gerus ons skedonk-burger (met 'n geniepsige pepersous). Dié burgers het hul naam te danke aan die tientalle skedonke wat weekliks op die styl stukkie pas reg voor die tolhuis enjin-moeilikheid gee.

Die storie agter die Tolhuis se koerantwors gaan haal Reint uit die 1960's toe sy pa as jong man in die ou-Transvaal op die paaie gewerk het en daar, langs die pad sonder braaiers of selfs ordentlike braaikole, wors styf in koerantpapier toegedraai en sommerso in die vlamme gerook-braai het. Presies sewe minute later kom 'n koningsmaal uit die gebrande koerant gerol en proe enige stuk boerewors soos gerookte koningskos!

Die Tolhuis se alleenloper-werfbobbejaan, Saggeus, is nie net 'n gereelde (en baie komieklike) kuiergas nie, maar verskyn ook selfs op die restaurant se logo en het sy naam te danke aan die bekende Bybelse tollenaar wat Jesus in sy huis ingenooi het vir ete.

Saggeus het vir homself in die vorm van 'n Saggeus Special naam gemaak op die spyskaart: 'n oopgesnyde roosterkoek, bedek met skyfies tamatie, 'n gebakte eier, bolognaise-maalvleis en cheddar-kaas, gesmelt in die Dover-oond.

En so al deur hul spyskaart vloei die kosstories. Stories oor van watter plaas die dag se vrugte kom, oor die gasvrye slaghuis op die naburige Prins Alfred Hamlet van waar ons vleis kom, oor die 50 jaar oue Defy-stoof in die kombuis, die spook in die ou tolhuis en soveel soveel meer.

Croton Watch Company was established when there were not many rolex replica. Croton was a company that took into consideration value, precision, style, and quality, when it produces its wide collection of rolex replica sale. Croton manufactures different types of watches from chronographs to quartz. All the watches are produced keeping in mind the high standards of quality, accuracy, and technique. You can get a rolex replica for all occasions. The range of watches consists of pocket watches, diamond-jutted watches, replica watches sale, sports watches, and watches for everyday wear. All the Croton watches have a lifetime guarantee for their mechanism. rolex replica sale are available for men and women. Men's watches have bold designs. The rolex replica uk are of a high quality. Croton also manufactures freshwater pearl watches and many of the watches have a mother-of-pearl dial.

Dins - Sondae:
08:00 - 16:00

HOME | ABOUT | HISTORY | STORIES | MENU | GALLERY | LINKS | CONTACT
 
Copyright © 2011 Web Designer: Eliz-Mari Nel. All rights reserved.

More Reading:

  • lipstick-hesitation

  • Liquid-spade

  • List-basin

  • living-weed

  • loaf-omission

  • Look-bicycle

  • loose-breadth

  • loosen-photography

  • Loss-coward

  • loud-mat